fbpx
Vryheidsfront Plus

Govan Mbeki: VF Plus verwelkom boete-oplegging van R200 miljoen vir omgewingswette-oortredings

Die VF Plus verwelkom die boete van R200 miljoen wat die Bethal-landdroshof Dinsdag opgelê het aan die Govan Mbeki-plaaslike munisipaliteit (Bethal, Charl Cilliers, Embalenhle, Evander, Kinross, Leandra, Secunda, Trichardt) vir die oortreding van omgewingswette.

Die boete is opgelê nadat die staat en munisipaliteit (GMM) ’n pleit- en vonnisooreenkoms aangegaan het, aldus die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG).

Die munisipaliteit is skuldig bevind op ses aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Nasionale Omgewingswet (NEMA); die besoedeling van waterbronne; oortreding van die Nasionale Waterwet; en versuim om aan ‘n voldoeningskennisgewing te voldoen.

Die VF Plus het reeds sedert 2019 deurlopende druk op die munisipaliteit toegepas om die voortslepende rioolkrisis en -besoedeling aan te spreek.

In 2020 het die party die Groen Skerpioene versoek om die riooloortredings in GMM te ondersoek. In 2021 het die VF Plus so ver gegaan om ʼn klag by die polisie op Secunda in te dien teen die destydse munisipale bestuurder, me. Lizzy Shabalala.

Die VF Plus het tot dié stap oorgegaan nadat versoeke aan die munisipaliteit om dringend die probleem op te los, op dowe ore geval het.

Die party het in 2020 ook die Groen Skerpioene gevra om die rioolbesoedeling in veral Evander te ondersoek.

Die party het in 2022 ‘n saak by die mensregtekommissie (MRK) ingedien oor die uitvloei van onbehandelde riool in die Emzinoni-nedersetting, die eMbalenhle-afvalwatersuiweringsaanleg, Trichardt-spruit en Blesbokspruit.

Dit is veral die vervalle infrastruktuur en wanbestuur van fondse wat tot bogenoemde krisis gelei het.

Die Govan Mbeki-plaaslike munisipaliteit se versuim om infrastruktuur in stand te hou en betyds te vervang, maak inbreek op die gemeenskap se grondwetlike reg op ʼn omgewing wat nie skadelik vir hul gesondheid of welstand is nie, soos vervat in artikel 24 van die Grondwet.

Die VF Plus sal voortgaan om die rol van waghond vir die gemeenskap te speel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.