Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Gordhan-uitspraak wys OB is nie bevoeg nie en sy moet bedank

Die uitspraak van die hooggeregshof in Pretoria ten gunste van Pravin Gordhan teen die Openbare Beskermer (OB), Busisiwe Mkhwebane, oor die dringendheid van haar bevindinge teen Gordhan, is ‘n verdere bewys dat die OB nie haar werk behoorlik doen nie.

Dit skep opnuut die indruk dat sy misbruik word in die faksiegevegte binne die ANC en wat die VF Plus aanbetref, is Mkhwebane onbevoeg vir haar pos. Indien sy die reputasie en geloofwaardigheid van die amp en kantoor van die OB eer wil aandoen, sal sy onmiddellik moet bedank.

Die OB moet ophou om belastingbetalers se geld op hierdie wyse te mors. Dit is duidelik dat sy eenvoudige basiese regsbeginsels soos om die ander kant van die saak aan te hoor, nie nagekom het deur Gordhan die geleentheid te gee om te reageer nie.

Indien ‘n regsgeleerde in so ‘n hoë amp nie eens die basiese regsbeginsels verstaan en toepas nie, moet die persoon nie in die pos wees nie en dadelik bedank.

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Corrie Pypers

Nuwe winkelsentrum in Meyerton oorstroom

Indien die Midvaal-plaaslike munisipaliteit (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina) sy stormwaterpype en -slote voor en tydens die reënseisoen onderhou het, sou die skade aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.