fbpx
Vryheidsfront Plus

Kusile-krisis: Beweeg weg van steenkool

Tydens die afgelope parlementêre debat oor die energiebegroting, het die ANC herhaaldelik daarop klem gelê dat daar nie 'n kompetisie tussen hernubare bronne en steenkool moet wees nie, maar dat die twee mekaar moet aanvul. Meer as een maal is retories gevra of Suid-Afrika sy waardevolle steenkool dan in die aardkors moet laat.

Steenkool en hernubare bronne kan volgens die VF Plus nooit as gelyke alternatiewe beskou word nie. Steenkoolverbranding dra aansienlik tot klimaatsverandering by, maar son- en windkrag slegs tydens die konstruksiefase.

Aan die een kant word metodes ontwikkel om koolstof uit die atmosfeer te verwyder, maar aan die ander kant word tonne daarvan deur steenkoolverbranding vrygestel.

Kusile se probleme beklemtoon verder die kwesbaarheid van hoogs gekonsentreerde kragopwekking soos in Suid-Afrika. Die alternatief is gedesentraliseerde opwekking waar bykans elke verbruiker ook 'n verskaffer van elektrisiteit is, deur middel van netwerkgekoppelde aanlegte. Eskom se kragverspreidingsnetwerk kan al hierdie produsent-verbruikers met mekaar verbind.

Die koste van opwekking en berging van hernubare krag is steeds besig om te daal, sodat afskrywing van steenkoolkragsentrales 'n denkbare moontlikheid word.

 

Kontaknommers: ‪074 166 5540‬

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.