fbpx
Vryheidsfront Plus

Godsdiensvryheid as demokratiese hoeksteen bevestig op internasionale konferensie in Kaapstad

Die belangrikheid van godsdiensvryheid as ‘n fundamentele reg en hoeksteen vir die demokrasie, is beklemtoon op ‘n internasionale konferensie in Kaapstad.

Die tema van die konferensie was “Geloofsvryheid en die oppergesag van die reg”.

Dit het die afgelope week in Kaapstad plaasgevind en verskeie vooraanstaande internasionale sprekers, akademici en regslui het deelgeneem.

Die VF Plus het dit bygewoon saam met afgevaardigdes van menseregte-organisasies, politieke partye, burgerregtegroepe en godsdienstige denominasies van regoor die religieuse spektrum.

Hulle het daarop gewys dat die onderdrukking van geloofsvryheid telkens ‘n eerste stap is in die ondermyning van menseregte in die algemeen.

Dit lei telkens tot die instelling van totalitêre regimes en gepaardgaande menseregte-vergrype.

Die konferensiegangers was dit eens dat alle belangegroepe te alle tye waaksaam moet wees hieroor.

Enige teken van die inperking van geloofsvryheid of godsdienstige regte deur die staat, moet tydig en doeltreffend teengestaan word.

Die wydlopende plaaslike en internasionale steun vir die beskerming van hierdie allerbelangrike mensereg is bemoedigend.

Die VF Plus sal sy deel doen om enige poging van die staat of die ANC-regering om inbreuk op godsdiensvryheid te maak, sterk teen te staan.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.