fbpx
Vryheidsfront Plus

Dit is tyd om ANC-regering in Gauteng se ligte af te skakel in 2024-verkiesing

Die ANC-regering se tyd verby is en die tyd het aangebreek het om dié party se ligte in Gauteng af te skakel in die 2024-verkiesing.

Die provinsiale ANC-regering het vir jare toegekyk hoe Eskom stelselmatig inplof en het niks daaraan gedoen om alternatiewe kragbronne vir Gauteng te skep nie.

Lesufi se kragplanne is daarom te min te laat en word slegs ingestel met die oog op die 2024-verkiesing.

Dit is geen geheim nie dat die inwoners van Gauteng baie ongelukkig is met die ANC oor die moordende beurtkrag-skedules wat die provinsie en lewens vernietig.

Die ANC se alewige geweeklaag oor die verlede terwyl hy reeds byna 30 jaar regeer, is totaal onvanpas.

Die mense van Gauteng wil 'n beter toekoms hê en daarom gaan hulle die ANC met die 2024-verkiesing agter los en aanbeweeg die toekoms in met 'n nuwe koalisie-regering waarvan die VF Plus deel sal vorm.

Lesufi se belangrikste fokus vir Gauteng moes ekonomiese ontwikkeling en groei wees.

In stede daarvan het die premier eerder sterk gefokus op tierlantyntjies soos geslote kring-tv wat gesigsherkenning kan doen, die gebruik van hommeltuie en die uitrol van paniek-knoppies om misdaad in bedwang te bring.

Die VF Plus het hom daarop gewys dat hierdie tegnologie niks beteken indien die polisie en departement van justisie nie eens hul basiese take behoorlik kan verrig nie.

Dit is tans die rede waarom oortreders nie in hegtenis geneem en suksesvol vervolg word nie.

Die VF Plus is ook bekommerd oor die inbraak van die moniterings-instrumente op die reg op privaatheid van gewone burgers.

Die aktiewe monitering wat beplan word, gaan omvangryk wees en wesenlik oral plaasvind.

Die VF Plus het daarom die premier versoek om die grondwetlikheid van sy planne te toets.

Misdaad sal eerder effektief beperk word indien die polisie en departement van justisie net hul basiese take verrig. Dit moet die eerste fokus van die premier wees.

Die premier se fokus is slegs op townships se ekonomiese ontwikkeling ter uitsluiting van die ekonomiese behoeftes van die res van die provinsie.

Dit is 'n resep wat die ekonomiese koek van die provinsie net verder gaan verskraal. Townships kan net ontwikkel indien die res van Gauteng se ekonomie ook werk en groei.

Die VF Plus is bekommerd oor hoe gehandel word met die afskaffing van e-tol. Die provinsiale regering gaan 30% van die e-tolskuld oorneem asook die onderhoud van alle Sanral-snelweë in die provinsie.

Die premier het glad nie aangedui waar die fondse vandaan gaan kom nie.

Dit is uiters kommerwekkend en dit lyk of die kostes van die e-tol net weer gaan terugkom na die inwoners van die provinsie op 'n ander wyse as met Sanral-rekeninge.

Laastens was die VF Plus bly om te hoor meer fondse is beskikbaar gestel om skole te bou in hoëdruk-gebiede.

Die premier is daarop gewys dat hy nie sonder meer alle konflik tussen wit en swart leerders in skole as rasse-konflik moet sien nie.

In die meeste gevalle is die bron van die konflik gewoonlik net leerders wat bots omdat hulle bloot kinders is of politieke partye met ‘n agenda.

Die VF Plus gaan binnekort stappe aankondig oor 'n voorval wat die premier verkeerdelik as rassisties bestempel het.

Uiteindelik beskou die VF Plus premier Lesufi se planne as niks anders nie as versiersuiker op 'n vrot ANC-koek.

Dit is tyd dat die ANC-regering in Gauteng se ligte finaal uitgedoof word in 2024.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.