fbpx
Vryheidsfront Plus

Vloedskade in Mbombela kon beperk word

Die onlangse vloedskade in die Mbombela-plaaslike munisipaliteit (Nelspruit, Witrivier, Hazyview, Barberton, Kaapsehoop) sou moontlik beperk kon word indien die munisipaliteit sy raadsbesluite van Junie 2020 uitgevoer het.

Dié raadsbesluite het onder meer die ontwikkeling en beplanning vir die hernuwing en instandhouding van bestaande paaie en die opgradering van ander infrastruktuur ingesluit.

Volgens bogenoemde raadsbesluite moes die departement vir openbare werke, paaie en vervoer die beplanning aangaande die nodige hulpbronne om die plan te implementeer uiteensit.

Dis sluit in 'n skeduleroetine van die omvang van die werk wat benodig word vir die finansiële tydlyn.

Dit het ook aangedui dat 'n verslag in September 2020 na die raad teruggebring moes word vir debat. Tot op hede is geen plan ingedien nie.

Dit dui op 'n versuim van die departement om 'n raadsbesluit uit te voer wat die munisipaliteit miljoene rande kon spaar.

Belastingbetalers ly nou weer weens die munisipaliteit se swak dienslewering en beplanning.

Die VF Plus het vrae gerig aan die burgemeester, Sibongile Makushe, oor die omvang van die skade. Volgens Makushe word die skade nog bereken.

Daar is 26 uitstaande raadsbesluite vanaf Augustus 2016 tot September 2021 waar die departement sy verpligting teenoor die munisipale raad versuim. Altesaam is 496 raadsbesluite nog nie uitgevoer nie.

Die VF Plus sal tydens die volgende gewone raadsvergadering 'n mosie indien om te verseker dat die toepaslike munisipale amptenare dissiplinêre aanklagte in die gesig staar.

Die uitvoering van raadsbesluite moet ook geprioritiseer word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.