fbpx
Vryheidsfront Plus

Gerugte oor terugkeer na Vlak 4-inperking vir Matlosana- en Rustenburg-munisipaliteite saai paniek

Gerugte oor die terugkeer na ‘n Vlak Vier-inperking vir die Matlosana- (Hartbeesfontein, Klerksdorp, Orkney, Stilfontein) en Rustenburg-plaaslike munisipaliteite saai paniek. Die VF Plus word oorval met navrae van bekommerde sakelui en inwoners van dié gebiede oor die geldigheid van die gerugte.

Die LUR vir gesondheid van Noordwes, Madoda Sambatha, het onder meer op die radiokanaal RSG gesê dat die provinsiale regering dit oorweeg om Matlosana en Rustenburg weer na Vlak Vier terug te neem weens die hoë voorkoms van positiewe Covid-19-gevalle in dié gebiede.

Die VF Plus het die aangeleentheid onmiddellik opgeneem met die premier, Job Mokgoro, om duidelikheid te kry oor die provinsiale regering se standpunt. Die premier het die VF Plus verseker dat so ‘n besluit nie geneem is nie en dat die provinsiale Covid-19-bevelsraad nie by magte is om so ‘n besluit te neem nie.

Die terugplaas van bepaalde gebiede na ‘n ander vlak van inperking kan slegs op nasionale vlak geneem word na ‘n omvattende konsultasieproses met alle belanghebbendes, waaronder ook die sakesektor.

Die VF Plus sal die situasie deurgaans monitor en sal seker maak dat insette van die alle tersaaklike sektore behoorlike oorweging geniet in enige besluit rondom Covid-19-inperkings in Noordwes.

Navrae: 082 645 0537

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.