Die Merafong-munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Welverdiend, Wedela) en die provinsiale paaie-departement kan nie langer voortgaan om paaie wat feitlik onrybaar is, te ignoreer terwyl onskuldige mense hul lewe hierdeur verloor nie.
Die jongste slagoffer, mnr JJ Bornman (21), is Maandagmiddag opslag dood toe sy voertuig ‘n paar opeenvolgende slaggate op die Bankpad (P111) buite Carletonville getref het. Bornman, ‘n werknemer van ‘n plaaslike insleepdiens, was op pad na ‘n ongelukstoneel.
Hierdie is maar een van vele ongelukke wat gereeld op dié pad plaasvind weens die swak toestand van die padoppervlakte en die groot aantal slaggate. (Meegaande foto met erkenning aan die Merafong Observer.)
Die VF Plus gaan die Gautengse provinsiale paaie-departement versoek om dringend onderhoudswerk aan die betrokke pad te doen.
Navrae: 082 671 2302