Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Georganiseerde geweld en vernietiging van Tshwane-metro se eiendom mag nie geduld word

Die VF Plus veroordeel alle vorme van georganiseerde misdaad in die Tshwane-metro wat voortspruit uit die voortslepende onwettige Samwu-staking.

Verskeie voertuie, waaronder ʼn bakkie, ʼn watertenkwa, drie vragmotors asook ʼn bus is in verskeie voorvalle in die Pretoria-middestad beskadig.

Nog vier voertuie is aan die brand gesteek en ʼn werker is aangerand.

Die sporadiese voorvalle van geweldsmisdaad het nou ontaard in wat beskou kan word as georganiseerde terreur en geweld wat op die stad, sy eiendom en sy werkers gemik is.

Die Tshwane-metro, met die VF Plus as koalisievennoot, is verby die punt waar onderhandelinge met Samwu oorweeg kan word. Daadwerklike polisie-ingryping is nodig om die skuldiges wat eiendom en mense se lewens in gevaar stel, te identifiseer en in hegtenis te neem.

Die metro en die VF Plus is dankbaar teenoor vrywilligers wat hul tyd afstaan om te help met dienslewering. Dit is jammer dat inwoners die slagoffers van misdadige elemente is en dat dienslewering daaronder ly.

Die metro doen alles in sy vermoë om die situasie in bedwang te bring en versoek die gemeenskap om geduldig te wees met veral met raadslede en amptenare wat self inspring en help.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.