fbpx
Vryheidsfront Plus

Geen ingryping sal werkloosheid verlig onder huidige ANC-beleidsrigtings nie

Die sogenaamde intervensies om werkloosheid in Suid-Afrika te verlig waarna president Cyril Ramaphosa gedurende ‘n parlementêre vraag en antwoord-sessie vandag verwys het, sal nie werk onder huidige ANC-beleidsrigtings nie.

Die president erken dat die werkloosheidsprobleem die grootste bedreiging is wat Suid-Afrika tans in die gesig staar, maar die ANC-regering dring daarop aan om voort te beur op die selfvernietigende pad wat hy deur middel van sy ondeurdagte en selfdienende beleid geskep het.

Die president wil beleggersvertroue bevorder, maar sy regering dring daarop aan om privaateiendomsreg in die gedrang te plaas.

Voorts verwag die regering van die privaatsektor om werkskepping te stimuleer, maar beperkende en voorskriftelike arbeidswetgewing kortwiek juis die privaatsektor om hieraan te voldoen.

Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) en Regstellende Aksie (RA) is enkele voorbeelde van staatsinmenging wat werkskepping deur die privaatsektor in die wiele ry.

Intervensies waarop die regering eerder moet fokus, is die verslapping van voorskriftelike arbeidswetgewing en oorregulering, ‘n omkeerstrategie vir plaaslike regering om dienslewering reg te ruk en die effektiewe bestryding van korrupsie en diefstal deur kaderontplooiing stop te sit.

Die president is korrek, werkloosheid is ‘n nasionale krisis met skrikwekkende afmetings. Dit is egter ‘n krisis wat deur sy eie regering veroorsaak is en bevorder word en sal nie omgekeer word onder dieselfde regering nie.

Kontaknommer: 072 997 8315

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.