Die beloofde reddingsplan van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit, die Gauteng-provinsie en nasionale regering sal dringend in werking gestel moet word om te verhoed dat nog dorpe langs die Vaalrivier in rioolwater verdrink.
Raadslede van die VF Plus het eergister ‘n vergadering met amptenare van die Emfuleni-munisipaliteit gehad oor die daaglikse storting van duisende liter riool by die Sebokeng-noord rioolwerke wat in die Kliprivier en Rietspruit beland. Die riviere vloei uit in die Vaalrivier.
Van die woonbuurtes wat erg onder rioolstorting deurloop is Drie Riviere en Peacehaven in Vereeniging.
Sowat 44 rioolpompstasies in Emfuleni is buite werking en die Suid-Afrikaanse Weermag se rehabilitasieprogram om die rioolstelsel te herstel het ook misluk. Soldate beveilig nou die pompstasies.
Intussen vloei sowat 130 miljoen liter rou riool daagliks in die Rietspruit wat dorpe so ver as Parys se drinkwater besoedel.
Die VF Plus sal aanhou druk plaas op die munisipaliteit om hierdie probleem spoedig op te los.
Kontaknommer: 083 263 9590