fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC in Johannesburg kry bloedneus na wantroue-mosie misluk

Die ANC se desperate planne om die koalisie-regering in Johannesburg omver te gooi, het gister misluk nadat hy alles in die stryd gewerp het om ander partye te oortuig om ‘n mosie van wantroue teen die burgemeester, Herman Mashaba, te ondersteun.

Die ANC het alles probeer om tyd te wen deur belaglike debatte en aantygings teen Mashaba na die tafel te bring.

Dit was gou duidelik dat dié party nie genoeg stemme op hom gaan verenig om die smeerveldtog te wen nie. Na vier ure se uitgerekte debatte om steun te wen, is bes gegee en is al drie mosies, een na die ander, teruggetrek.

ANC-raadslede moes gister na die raadsitting druipstert na hul ondersteuningsbasis terugkeer en verduidelik waarom die mosie nie geslaag het nie.

Dit is vir die VF Plus duidelik hoe desperaat die ANC is om die magdom ondersoeke teen van sy lede stop te sit in ‘n poging om weer hul hande in die geldlaai te kry ter voorbereiding van die 2021-munisipale verkiesing.

Dit is verblydend hoe die koalisie-regering, waarvan die VF Plus deel is, soos een man saamgestaan het om die korrupte ANC se poging te kelder.

Koalisie-politiek is die enigste oplossing vir Suid-Afrika se probleme om ware demokrasie deur veelparty-koalisies te bevorder.

Kontaknommer: 082 358 3882

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.