fbpx
Vryheidsfront Plus

Mangaung: VF Plus soek anwoorde oor onbenutte gebou

Die Vrystaatse departement van openbare werke en infrastruktuur moet verduidelik waarom die Thusanong-gebou in die Mangaung-metro sedert 2016 onbenut en verlate staan.

Dit is onder die VF Plus se aandag gebring dat plundering verlede week by dié gebou in die Heidedal-woongebied in Bloemfontein begin het. Die Thusanong-gebou is in die verlede gebruik as kantoorruimte vir die departement van maatskaplike ontwikkeling.

Dit is egter verlate sedert die departement in 2016 na ander kantore geskuif het weens maatskaplike werkers se ontevredenheid met die haglike omstandighede in die gebou.

Die VF Plus het ‘n amptelike, skriftelike vraag in die Vrystaatse Wetgewer gerig aan die LUR van openbare werke en infrastruktuur, Motshidise Koloi, aangaande die agteruitgang van staatseiendom en afwesigheid van sekuriteit by die gebou.

Polisie is gereeld ontbied om plundering stop te sit, maar plunderaars vlug en gaan voort sodra polisie die toneel verlaat.

Die VF Plus eis dringende ingryping vanaf die departement van openbare werke en infrastruktuur om voortslepende plundering van staatseiendom te bekamp en staatseiendom ten volle te benut.

Kontaknommer: 084 206 3375

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.