Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Gautengse onderwysdepartement moet meer aandag gee aan moedertaalonderrig

(Debat in Gauteng-wetgewer oor jaarverslag van Gautengse departement van onderwys)

Die VF Plus het vandag tydens die debat oor die jaarverslag van die Gautengse departement van onderwys, weer klem gelê op die belangrikheid van moedertaalonderrig en het die Gautengse onderwysdepartement versoek om meer aandag daaraan te gee.

Die VF Plus het dit duidelik gemaak dat moedertaalonderrig die beste vorm van onderrig is. Samehangend hiermee is die gebrek aan die suksesvolle afhandeling van infrakstruktuur-projekte wat 'n blywende probleem in die onderwysdepartement is.

Ongelukkig is daar ook skoolgemeenskappe wat nie hul kinders in landelike en nuwe skole wil plaas nie omdat hulle verkeerdelik dink dat die skole swakker gehalte onderwys aanbied.

Die onderwysdepartement moet dus met die skoolgemeenskappe skakel en hulle inlig rakende die voordele van die landelike en nuwe skole om die wanopvatting oor swakker kwaliteit onderrig by hierdie skole reg te stel.

Laastens moet die departement se gesentraliseerde skooltoelatingstelsel afgeskaf en vervang word. Elke jaar is daar talle leerders wat nie betyds geplaas word nie. Skole moet self toelating bestuur aangesien hulle die behoeftes in die omliggende omgewing beter verstaan as enige sentrale regering.

Die VF Plus sal aanhou stry vir die beginsel van moedertaalonderrig in Gauteng.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.