Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Gauteng se munisipale krisis vereis daadwerklike optrede

Die VF Plus het met die begrotingsdebat van die Gautengse departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) gewaarsku dat die toestand van plaaslike regering in dele van Gauteng nie meer as ’n gewone bestuursuitdaging beskou kan word nie. Dit is ’n volskaalse krisis wat dringende ingryping vereis.

Hoewel die departement die uitdagings van politieke onstabiliteit, swak bestuur en administratiewe tekortkominge erken, is erkenning alleen nie genoeg nie. Inwoners van Gauteng ervaar daagliks die gevolge van toenemende munisipale skuld, swak inkomste-invordering, vervallende infrastruktuur, waterverliese, swak oudituitkomste en ontoereikende dienslewering.

Gemeenskappe is moeg vir verslae, planne en beloftes. Hulle eis veilige en funksionele paaie, betroubare water- en elektrisiteitsvoorsiening, skoon omgewings en munisipaliteite wat hul grondwetlike verantwoordelikhede nakom.

Die Grondwet verplig die provinsiale regering nie om bloot die verval van munisipaliteite waar te neem nie, maar om daadwerklik ondersteuning te bied en in te gryp waar munisipaliteite versuim om hul pligte na te kom.

Soos die vorige VF Plus-leier en die minister van korrektiewe dienste, Pieter Groenewald, dikwels beklemtoon, kom daar ’n tyd wanneer die regering moet ophou verskonings maak en begin om “gat te skop” deur dissipline, aanspreeklikheid en meetbare resultate af te dwing.

Met die plaaslike regeringsverkiesing van 4 November 2026 om die draai, gaan kiesers ’n duidelike boodskap stuur dat bevoegde bestuur, aanspreeklikheid en dienslewering nie onderhandelbaar is.

Die VF Plus sal aanhou druk toepas vir streng toesig, gevolgbestuur en volhoubare oplossings om Gauteng se munisipaliteite weer op koers te kry.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.