Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mpumalanga: Wanbestuur, nie geldtekort nie, laat gesondheidsorg in duie stort

Mpumalanga se openbare gesondheidsorgstelsel verkeer onder ernstige druk weens swak bestuur en administratiewe verwaarlosing. Dit ten spyte van ’n gesondheidsbegroting van R21,1 miljard vir die 2026/27-boekjaar.

Die provinsie sukkel met ’n kritieke personeeltekort wat lei tot gevaarlike verpleegster/pasiënt-verhouding. Volgens data wat gesondheidsorganisasies ontleed het, is die algemene verhouding in Mpumalanga naastenby een verpleegster vir elke 313 mense in die totale provinsiale bevolking.

Hierdie administratiewe mislukking dwing uitgeputte verpleegsters om dubbelskofte te werk en om in baie gevalle ekstra werk by privaathospitale te doen bloot om te oorleef.

Die nooddienste (EMS) is eweneens in ’n krisis. Ten spyte van ’n begroting van sowat R535 miljoen, daag ambulanse dikwels nie op nie en pasiënte word blootgestel aan lewensgevaarlike vertragings.

’n Verdere R504,9 miljoen is geoormerk vir infrastruktuur, waaronder die bou van die nuwe Middelburg-hospitaal en die Mpumalanga-geestesgesondheidshospitaal.

Tog bly dienslewering op grondvlak ontoereikend weens swak uitvoering en ‘n gebrek aan aanspreeklikheid.

Die kernprobleem in die provinsie se gesondheidsorgstelsel is nie ’n tekort aan fondse is nie, maar ’n gebrek aan bekwame bestuur, politieke gunsbevoordeling en die beskerming van kaders ten koste van pasiënte.

Die VF Plus het nie die begroting gesteun nie, omdat dit politieke belange bo die gesondheid en welstand van Mpumalanga se inwoners stel.

Inwoners verdien ’n gesondheidstelsel wat werk – nie net groot begrotings op papier nie, maar werklike dienslewering by hospitale, klinieke en nooddienste.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.