Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Finansiële verslag van Ekurhuleni skets bont prentjie

Die Ekurhuleni-metro het ʼn gekwalifiseerde ouditverslag van die ouditeur-generaal (OG) ontvang vir die 2023/24-finansiële jaar.

Aan die positiewe kant, is daar ʼn surplus, verbeterde kontantvloei en ʼn toename aan inkomste wat dui op beter finansiële beplanning.

Aan die negatiewe kant is daar steeds ʼn kommerwekkende vlak van onreëlmatige, vrugtelose en verkwiste uitgawes soos weerspieël in die ouditverslag.

Dit dui daarop dat die metro se finansiële bestuur steeds nie ten volle doeltreffend en deursigtig is nie.

Die VF Plus is bekommerd oor die implementering van die begroting aangesien die geprojekteerde inkomste 14,3% minder was as wat begroot is en grootmaatkoste het toegeneem.

Dit dui daarop dat alhoewel inkomste groei, daar steeds ʼn wanbalans tussen verwagte en werklike finansiële prestasie is.

Dit is verder kommerwekkend dat daar steeds ʼn toename in uitgekontrakteerde dienste is terwyl die metro op verskeie gebiede wel oor die institusionele kennis, vermoë en hulpbronne beskik om self die dienste te lewer.

Tans is hierdie uitgekontrakteerde dienste een van die metro se grootste uitgawes.

Alhoewel daar positiewe aspekte is in die OG-verslag, bly finansiële bestuur en verkwisting problematies.

Die VF Plus is van mening dat indien daar nie drasties opgetree word om onreëlmatige en buitensporige hoë uitgawes hok te slaan en die invorderingskoers te verbeter nie, die metro steeds ʼn finansiële krisis in die gesig mag staar.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.