Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Eskom vervang kabels van rioolaanleg op Burgersfort ná druk van VF Plus

Weens die vinnige optrede van die VF Plus in die Fetakgomo Tubatse-plaaslike munisipaliteit (Burgersfort, Ohrigstad, Steelpoort) word die rioolkrisis op Burgersfort tans aangespreek met Eskom wat vandag begin het met die vervanging van kabels by die rioolsuiweringsaanleg.

Op 8 Oktober het ’n bekommerde inwoner die rioolkrisis in wyk 18, wat reg langs die R37 by Burgersfort Toyota is, onder die VF Plus se aandag gebring.

Die VF Plus het dadelik opgetree en ‘n oorsigbesoek aan die gebied gebring.

Foto’s is geneem van die stroom riool en vullis wat die omgewing besoedel en in stryd is met die Nasionale Waterwet en Omgewingsbestuurswet.

Die VF Plus het die burgemeester, Eddie Maila, gevra om dadelik aandag aan die saak te skenk. Dit skend die gemeenskap se grondwetlike reg om in ‘n gesonde omgewing te leef en te werk.

Daar is ook geskakel met ’n verteenwoordiger van Lepelle Northern Water (LNW), Nature Hictor. LNW is verantwoordelik vir rioolbestuur in Burgersfort.

Na bewering is kragkabels ’n maand tevore gesteel met die gevolg dat die pompstasie nie kon funksioneer nie. Volgens Eskom is daar ’n tekort aan sekuriteit by die pompstasie.

Die VF Plus sal in die volgende raadsvergadering vra dat sekuriteit by die rioolpompstasie opgeskerp word.

Burgersfort verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.