fbpx
Vryheidsfront Plus

Erge oorstromings in Kemptonpark kon voorkom word

Die erge oorstromings wat die onlangse stortreën in Kemptonpark veroorsaak het, kon voorkom gewees het as die Ekurhuleni-metro gehoor gegee het aan die VF Plus se waarskuwings.

Die VF Plus maan die metro al sedert die wintermaande om dreineringsstelsels en stormwaterpype skoon te maak en skoon te hou om padverspoelings te voorkom.

Ekurhuleni het die waarskuwings in die wind geslaan wat nou daartoe gelei het dat paaie onbegaanbaar is en erge ongerief vir motoriste en pendelaars veroorsaak.

Hierdie is opnuut ʼn bewys dat die ANC/EFF-beheerde metroraad inwoners se veiligheid en die instandhouding van infrastruktuur nie ernstig opneem nie.

Die VF Plus sal volgehoue druk op die metro se paaiedepartement plaas om die instandhouding van dreineringsstelsel en stormwaterpype te prioritiseer.

Die metro se ongeërgde houding kan nie langer geduld word nie.

Die inwoners van Kemptonpark verdien beter.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.