fbpx
Vryheidsfront Plus

Erfenisdag: Erfenis gee erkenning aan ‘n volk se voortbestaan

Erfenis is ‘n noodsaaklike en onlosmaaklike deel van enige volk se voortbestaan. Wanneer jy ‘n volk se erfenis vernietig, vernietig jy die volk. Erfenis gee erkenning aan ‘n volk se voortbestaan.

Dit is daarom uiters belangrik dat die Afrikanervolk moet seker maak dat sy erfenis beskerm en bewaar moet word om toekomstige geslagte ook in staat te stel om te weet wie hulle is en waar hulle vandaan kom. ‘n Volk kan net trots wees as hy ook trots is op sy verlede en sy erfenis.

Suid-Afrika se Grondwet maak dit duidelik dat die land behoort aan almal wat daarin woon, verenig in hul diversiteit.

Die VF Plus moedig daarom alle Suid-Afrikaners aan om trots te wees op wie en wat hulle is – trots om bruin te wees, trots om swart te wees en trots om wit wees. Elke volk moet die geleentheid gegun word om sy erfenis te koester, te bewaar en uit te bou.

Hierdie reg van die Afrikaner word tans bedreig en die ANC is besig met ‘n subtiele proses om alles wat deel is van die Afrikaner se erfenis, te vernietig en te demoniseer.

Sogenaamde koloniale- en standbeelde van die Afrikaner-geskiedenis en die behoefte om daarvan ontslae te raak, is opnuut op die agenda van die regerende party en die EFF. Daar kan geen twyfel bestaan nie dat dit ‘n kwalik verskuilde poging is om die Afrikaner se erfenis ook te teiken.

Dié miskenning van ander se erfenis is nie net van toepassing op standbeelde nie, dit hou verband met taal- en kultuurerfenis in die algemeen. Hierdie optrede hoort nie in ‘n land waar taal- en kultuurerfenis van gemeenskappe deur die Grondwet erken en beskerm word nie

Dit is eindelik niks anders nie as ‘n poging om die Afrikanervolk, en veral die jonger generasie, sy trots te ontneem en hom skaam te maak oor wie en wat hy is. ‘n Goeie kennis van ‘n volk se erfenis en sy geskiedenis, sal verhinder dat dit gebeur.

Die VF Plus doen ‘n beroep op die Afrikaner om met trots sy kultuur te beoefen en erkenning en waardering te hê vir die offers wat ons voorsate vir ons toekoms gebring het.

Navrae: 083 627 4397 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.