fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom Noordwes-LUR vir gemeenskapsveiligheid se siening oor plaasmoorde ná optrede van nasionale minister

(Plaasmoord-debat in Noordwes-wetgewer)

Die VF Plus verwelkom die uitspraak gister van Sello Lehari, Noordwes se LUR vir gemeenskapsveiligheid, dat plaasmoorde en -aanvalle tot prioriteitsmisdaad verklaar moet word en nie deur enige partye verpolitiseer moet word nie. Die VF Plus beywer hom al jare lank hiervoor.

Teenstrydig hiermee het die minister van polisie, Bheki Cele, toegelaat dat ‘n openbare vergadering oor plaasaanvalle by Newcastle in KwaZulu-Natal, ontaard in ‘n moddergooiery na boere.

Hy het selfs gesê boere moenie kla as hulle seerkry nie. Volgens die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald, kan hierdie uitsprake van Cele gesien word as “subtiele aanhitsing tot geweld teen boere”.

Die VF Plus het tydens ‘n debat in die Noordwes-wetgewer beklemtoon dat die regering die politieke wil moet toon om die polisie se hand te sterk in die stryd teen plaasaanvalle en geweld in landelike gebiede deur hierdie soort misdaad dringend tot prioriteitsmisdaad te verklaar.

Dit sal onder meer voorkom dat misdadigers wat betrokke is by plaasaanvalle, sonder meer op borgtog vrygelaat word om hul misdadigheid voort te sit.

Die VF Plus het ook beklemtoon dat partye en politieke leiers se soms opruiende en rassistiese uitsprake oor grondkwessies en plaasaanvalle, ‘n groot deel is van die probleem.

Sulke uitsprake en gedrag is nie aanvaarbaar in ‘n demokratiese, beskaafde samelewing nie.

Die VF Plus sal voortgaan om op alle vlakke van regering druk toe te pas dat plaasmoorde en -aanvalle tot nasionale prioriteitsmisdade verklaar word.

Die wreedaardige teistering van weerlose landelike gemeenskappe is ‘n skandvlek op die hele Suid-Afrikaanse gemeenskap en dra by tot die algehele verval van die platteland.

Navrae: 082 529 3001

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.