Die VF Plus het met die aanloop tot aanstaande jaar se plaaslike regeringsverkiesing, begin met ‘n veldtog wat daarop gemik is om die ANC in elke stadsraad uit regering in dié provinsie te hou en om ‘n werkende regering, waarvan die VF Plus deel sal wees, in die plek daarvan te stel.
Die veldtog het Woensdagaand afgeskop met ‘n vergadering op Knysna in die aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing wat moontlik tussen Augustus en November 2021 kan plaasvind.
Die geleentheid is goed bygewoon en is gebruik om ‘n tak te stig met ‘n sterk en dinamiese bestuurspan.
Die kern van die VF Plus se boodskap aan die vergadering was dat die komende munisipale verkiesing gebruik moet word om die ANC te verdryf uit elke stadsraad in die Wes-Kaap waar dié party nog in beheer is en om seker te maak dat hy nêrens beheer oorneem nie.
Die ANC het oor 26 jaar gewys dat korrupsie deel van sy kultuur van regering geword het en dat onbevoegdheid en kaderontplooiing eweneens norm in sy gebrekkige styl van dienslewering geword het.
Die Wes-Kaap is te belangrik en te kosbaar om enige vorm van ANC-regering in dié provinsie te duld.
Dit het tyd geraak om om die Wes-Kaap se stadsrade onder stabiele en funksionele regering te plaas. Die VF Plus is van plan om deel te wees van hierdie regering en is bereid om in koalisie te gaan met geloofwaardige koalisievennote om dit te bereik.
Navrae: 083 626 1497