Die VF Plus verwelkom die klem wat die minister van handel en nywerheid, Ebrahim Patel, geplaas het op die noodsaaklikheid van plaaslike ekonomiese ontwikkeling tydens ‘n vergadering van die G20.
Die VF Plus maan egter dat ekonomiese herstel en groei in Suid-Afrika nie moontlik is midde in voortdurende grootskaalse korrupsie en die regering se onvolhoubare beleid van swart ekonomiese bemagtiging (SEB) nie.
Die wyse waarop die Suid-Afrikaanse regering regstellende (RA) aksie en SEB toepas, is niks anders nie as ‘n ekstra belasting en kom neer op industriële sabotasie.
Die nadelige invloed van Covid-19 op die wȇreld se ekonomie en veral die regering se irrasionele inperkingsregulasies, is opnuut ‘n wekroep dat plaaslike ekonomiese ontwikkkeling en die totstandkoming van meer selfstandige gemeenskappe ‘n noodsaak is.
Navrae: 082 466 3786/ 062 391 1804