Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Emfuleni stel duur werkswinkel af ná druk van VF Plus

Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) het sy beplande duur en luukse werkswinkel vir die geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) na ‘n goedkoper lokaal verskuif ná druk van die VF Plus.

Die munisipaliteit het ‘n werkswinkel vir die 13de en 14de Maart by die Lakefield-konferensiesentrum in Benoni langs die OR Thambo-lughawe beplan. Die werkswinkel het oornaggeriewe ingesluit.

Die VF Plus het in ‘n skrywe aan die munisipale bestuurder, April Ntuli, geëis dat die beplande werkswinkel afgeskaf word weens Emfuleni se reeds benarde finansiële situasie.

Skrywes hieroor is ook gerig aan die Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Mzi Khumalo, en die LUR vir tesourie, Jacob Mamabola.

Die VF Plus het voorgestel dat die werkswinkel na die Vereeniging-banketsaal verskuif word om kostes te bespaar. Dit is dan ook nie noodsaaklik vir die 110 raadslede en amptenare om van oornaggeriewe gebruik te maak nie.

Die ANC kan nie luukse werkswinkels beplan terwyl die Emfuleni-munisipaliteit nie sy personeel kan betaal, sy grootmaatverpligtinge aan Eskom en Randwater nakom en dienslewering totaal afgeskaal is nie.

Die VF Plus hou ‘n wakende oog oor die ANC-beheerde Emfuleni-munisipaliteit en sal nie huiwer om sy stem dik te maak om onderdeurdagte besluite te stop nie.

Emfuleni verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.