Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus-pleidooie oor geleenthede vir gestremdes in Gauteng dra vrug

Die VF Plus se gedurige pleidooie in die Gautengse wetgewer dat die provinsiale regering meer moet doen om ekonomiese geleenthede vir gestremde persone te skep, het uiteindelik op vrugbare grond geval.

Die wetgewer se komitee oor die premierskantoor, wat oorsig doen oor die hele provinsiale regering, het vandag tydens 'n vergadering besluit dat 'n gefokusde ingrypingstudie gedoen sal word hieroor.

Die studie moet die regering adviseer oor hoe om meer ekonomiese geleenthede vir gestremde persone te skep.

Tot dusver het die regering geleenthede probeer skep deur 'n lae mikpunt van 7% te stel vir die toekenning van regeringskontrakte aan gestremde persone.

Ten spyte van die lae mikpunt, het die provinsiale regering slegs 'n skamele 0,55% van die 7% mikpunt in die 2022-finansiële jaar behaal.

Hierdie swak vertoning van die ANC-regering teenoor gestremde persone is natuurlik 'n jaarlikse verskynsel.

Dit het vir die VF Plus duidelik geraak dat gestemde persone se behoeftes bloot 'n nagedagte vir die ANC is en die party het derhalwe by elke komiteevergadering waar die teikens bespreek is, die belangrikheid van gestremdes se behoeftes beklemtoon.

Daarom is die VF Plus verheug dat die komitee oor die premierskantoor eenparig besluit het om die ekonomiese behoeftes van gestremde persone te ondersoek.

Die VF Plus het beklemtoon dat die ondersoek holisties van aard moet wees.

Dit moet alle aspekte van gestremdes se uitdagings identifiseer om oplossings te vind wat die regering kan implementeer.

Die VF Plus sal die proses monitor om te sorg dat tasbare oplossings wel in werking gestel word om die lewe van gestremdes in Gauteng drasties te verbeter.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.