Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Emfuleni se finansiële probleme kring uit

Daar is geen einde aan die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) se finansiële ellendes nie.

Die munisipaliteit kan nie eens meer sy elektriese kontrakteurs of verskaffers betaal nie.

Die Cw5-gedeelte van Vanderbijlpark is reeds 18 dae sonder krag omdat elektriese kontrakteurs weier om aan die kragprobleem te werk omdat hulle nie vergoed word nie.

Die diensverskaffer wat drukkers aan die munisipaliteit verhuur, het verlede Maandag die drukkers ontkoppel en die ink verwyder weens wanbetaling.

Dit beteken dat die administratiewe gedeelte van die munisipaliteit nie behoorlik kan funksioneer nie.

Die munisipaliteit het ook nie die finansies om ʼn transformator vir die Ne3-substasie, wat op 11 April in ʼn brand vernietig is, aan te koop nie. Groot nywerhede is sedertdien sonder krag en kan nie met produksie voortgaan nie.

Indien die situasie voortduur, is dit onseker of Emfuleni aan die einde van die maand sy amptenare, werkers en raadslede sal kan betaal.

Daar is geen keer aan die verval van Emfuleni onder die ANC nie en inwoners is die lydende party.

Om Emfuleni reg te ruk, sal van die ANC en sy onbevoegde kaderaanstellings ontslae geraak moet word.

Inwoners moet met die volgende plaaslike regeringsverkiesing daardie geleentheid met beide hande aangryp.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.