Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Emfuleni-raad keur weer onbefondsde begroting goed

Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) het ‘n vir die negende agtereenvolgende jaar ʼn onbefondse begroting goedgekeur.

Hoewel die VF Plus nie die begroting vir die 2026/27-boekjaar gesteun het nie, het die regerende ANC/EFF-koalisie dit deur gestoomroller.

Ingevolge artikel 18 van die Munisipale Finansiële Bestuurswet (MFMA) word ‘n munisipaliteit nie toegelaat om ‘n onbefondsde begroting te aanvaar nie, maar die raad het tydens, en direk na afloop van die Covid-19-pandemie, van verslappings gebruik gemaak om aanspreeklikheid te ontduik.

Die afgelope drie jaar maak Emfuleni staat op ‘n vergunning van die nasionale tesourie waar ‘n onbefondsde begroting toegelaat sal word indien dit met ‘n befondsingplan en omkeerstrategie gepaard gaan, maar net vir ‘n tydperk van drie jaar.

Die VF Plus is heeltemal gekant teen dié benadering aangesien Emfuleni bewys het dat hy nie besig is om sy benarde finansiële posisie om te keer nie, maar eerder toelaat dat dit verder agteruitgaan.

Onder die leiding van die vorige burgemeesterskomiteelid vir finansies, Hassan Mako, kon die munisipaliteit se finansies nie reggeruk word nie, en nou dat Mako tydens Woensdag 10 Junie 2026 se raadsvergadering tot burgemeester verkies is, verwag die VF Plus dat sake gaan verswak.

Boonop is die eiendomswaardasierol aanvaar, ten spyte van honderde besware teen aanpassings wat ver bo markwaarde is.

Kiesers sal op 4 November 2026 die geleentheid kry om vir die VF Plus te stem in die plaaslike regeringsverkiesing om sodoende ‘n verantwoordbare regering in Emfuleni daar te stel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.