Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Emfuleni-inwoners omgekrap oor onwettige waterheffing

Die VF Plus is saam met inwoners van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) omgekrap omdat die munisipaliteit ʼn onwettige waterheffing plaas op diensterekeninge van inwoners wat nie van munisipale water gebruik maak nie.

Dit geld veral vir mense met boorgate wat nie by die munisipaliteit geregistreer is nie.

ʼn Heffing vir 30kl word op só ‘n huishouding se rekening geplaas wat beteken hulle moet nou R3 000 per maand betaal vir water wat hulle nie gebruik nie. Waterverbruik in Emfuleni word op ʼn glyskaal gemeet : 0 tot 10kl betaal R25 per kiloliter, 10-20kl betaal R35 per kiloliter en 20 tot 30kl betaal R42 per kiloliter.

Indien inwoners nie dié heffing betaal nie, word hul ander dienste afgesny.

Die VF Plus is van mening dat hierdie die munisipaliteit se manier is om inwoners te dwing om hul boorgate te registreer.

Die party is nie gekant teen die registrasie van boorgate soos voorgestel deur die waterraad nie, maar verwag van die munisipaliteit om inwoners ten minste per omsendbrief oor die voorwaardes van boorgate in te lig.

Inwoners wie se boorgate geregistreer is, betaal nie ʼn heffing op water nie, maar hul riool-tarief word vermeerder.

Tans is die heffing onwettig en die VF Plus het reeds ʼn brief aan die munisipaliteit geskryf om die heffing te skrap totdat die bywet hieroor aangepas is.

Inwoners kan nie vooruit vir water betaal wat hulle nie gebruik nie of nie eers gaan gebruik nie. Dit is uiters onbillik.

In plaas daarvan om te fokus om geld uit reeds oorbelaste inwoners te melk, moet die munisipaliteit eerder daarop fokus om sy belastinggeld effektief aan te wend en toe te slaan op nie-betalers.

Dan sal dienslewering nie in so groot krisis wees nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.