Die voorval waar ‘n kontrakwerker van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) geskok en ernstig beseer is terwyl hy besig was om ‘n stukkende 88KVA-kabel te herstel, moet voor die deur van die munisipaliteit gelê word wat geen gekwalifiseerde elektrisiën in diens het nie.
Die man, wat 80% brandwonde opgedoen het, is in ‘n bedenklike toestand in die Sebokeng-hospitaal.
Hy was besig om ‘n stukkende elektriese kabel by die Powerville-substasie in Vereeniging te herstel toe iemand vermoedelik die lyn aangeskakel het.
Die VF Plus hou die administrateur van Emfuleni, Gilberto Martins, verantwoordelik vir die gebeure.
Dit is onder sy leiding dat die munisipaliteit eerder 19 senior navorsers teen R15 miljoen per jaar aangestel het as om opgeleide en toepaslik gekwalifiseerde amptenare aan te stel om die nodige onderhoud aan kritieke infrastruktuur te doen.
Die VF Plus het in 'n skrywe aan Martins gevra dat die saak ondersoek word en die verslag bekend gemaak word om te bepaal presies wat gebeur het.
Die munisipaliteit sal moet pa staan vir die gebeure en stappe sal geneem moet word om opgeleide persone aan te stel.
Navrae: 076 616 2124