fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus en Hendrina-gemeenskap vat hande om dorp op te ruim ná staking van munisipale werkers

Die VF Plus en lede van die Hendrina-gemeenskap het die naweek ingespring om dié dorp se hoofstraat skoon te maak nadat munisipale werkers van die Steve Tshwete-plaaslike munisipaliteit (Hendrina, Middelburg, Pullens Hope, Rietkuil) bande gebrand en selfs verskeie steenkoolvragmotors se vrag in die straat gestort het.

Gemeenskapslede het die masjinerie verskaf of die 30 tot 40 ton steenkoolstof wat enkeldiep gelê het, te verwyder.

Die stakers het ook wateropgaardamme in Hendrina en Middelburg gesaboteer wat daartoe gelei het dat inwoners vir dae sonder water moes sit. Betogers het toevoerkrane toegedraai en ook sommige elektriese punte beskadig. Sommige toevoerpype en -krane kon weer deur munisipale amptenare oopgedraai word ná ingryping deur die VF Plus, maar baie is intussen weer deur betogers toegedraai.

Dit blyk dat die huidige staking veroorsaak is oor ontevredenheid omdat die munisipaliteit nie die ooreenkoms wat verlede jaar gesluit is tussen die munisipaliteit en stakende munisipale werkers ten volle nagekom het nie.

Verlede jaar het munisipale werkers twee maande lank gestaak waartydens daar op salarisverhogings aangedring is.

Die munisipaliteit het toegegee en die munisipale bestuurder, Bheki Khenisa, het 'n ooreenkoms met die stakers aangegaan waarvolgens werknemers se salarisse op dieselfde vlak as ander munisipaliteite van dieselfde grootte aangepas sou word om ’n nuwe salarisgraad te bepaal.

Dit is onaanvaarbaar dat die munisipaliteit deur die stakende werkers gyselaar gehou word. Dit het 'n verwoestende effek op die plaaslike ekonomie en algemene dienlewering aan inwoners wat ten duurste daarvoor betaal.

Die VF Plus herhaal sy versoek dat 'n groter polisie-teenwoordigheid in die munisipaliteit nodig is aangesien die situasie vlambaar is.

Navrae: 082 338 4239 / 066 376 3329

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.