Die VF Plus het met volgehoue druk op die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) se burgemeester, Nozuluko Beste, die waarnemende munisipale bestuurder, Siyethemba Mdeletsi, en ander relevante burgemeesterskomiteelede daarin geslaag om die kragtoevoer Saterdag na Welverdiend te herstel.
Die herstelproses het nie eens 20 minute geduur nie.
‘n Transformator in Welverdiend het Vrydagmiddag onklaar geraak, maar is nie herstel nie weens ‘n sloerstaking van munisipale werkers omdat daar nie geld is vir oortydbetaling nie.
Oranje-, Tafelberg- en Agnewstrate in Carletonville is ook sedert Vrydag sonder elektrisiteit. Die Carlentonville-sakesentrum in Agnewstraat huisves verskeie dokterspreekkamers en ‘n apteek.
Inwoners betaal ten duurste vir dienste wat nie gelewer word nie weens die jare lange finansiële wanbestuur van Merafong onder ANC-beheer.
Die VF Plus sal nie skroom om die senior bestuur en amptenare van die munisipaliteit tot verantwoording te roep vir swak dienslewering en die nie-instandhouding van kritieke infrastruktuur nie.
Navrae: 082 671 2302


