Danksy die vinnige optrede van die VF Plus kan inwoners van Vaalwater vandag weer hul krane oopdraai ná die herstel van ‘n ernstige waterlekkasie by die Leeudrift Laerskool.
‘n Vaalwater-inwoner het die VF Plus gekontak oor die lekkasie wat inwoners vir dae sonder water gelaat het.
Die VF Plus het die lekkasie dadelik gerapporteer aan Thabang Selamela, die bestuurder van waterdienste en Joseph Chauke, verteenwoordiger van waterdienste in Vaalwater se satellietkantoor.
Die positiewe samewerking van die verantwoordelike amptenare van die Modimolle-Mookgophong-plaaslike munisipaliteit (Modimolle, Mookgophong (Naboomspruit), Vaalwater) om die waterlekkasie so spoedig moontlik te herstel, word waardeer.
Die VF Plus vergader vandag, 31 Januarie, ook met mnr. Elvis Ramokgale, die voorsitter van die tegniese raadskomitee om die waterprobleme in die munisipaliteit en veral Vaalwater, te bespreek en ‘n oorsigbesoek aan die gebied te reël om waterinfrastruktuur te inspekteer.
Inwoners word aangemoedig om enige diensleweringsprobleem onmiddellik onder die aandag van die VF Plus se raadslede te bring.
Die VF Plus gee om en wil inwoners bystaan met kwessies wat hulle raak.
Navrae: 082 704 1937