Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Ekurhuleni: VF Plus steun wantrouemosies in speaker en burgemeester

Die VF Plus het vandeesweek  (Donderdag) die wantrouemosies in beide die EFF-speaker, me. Nthabiseng Tshivhenga, en die ANC-burgemeester, mnr. Nkosindiphile Xhakaza, van die Ekurhuleni-metroraad gesteun.

Die party het die wantrouemosie in die speaker gesteun weens haar magsmisbruik, eensydige optrede tydens raadsvergadering en die feit dat sy nie haar partylede se wangedrag tydens raadsvergaderings aanspreek nie.

Van die staande reëls wat die speaker inkonsekwent, selektief of glad nie toepas nie, is:

•           Handhawing van orde;

•           Ignoreer ernstige oortredings van ʼn raadslid of raadslede; en:

•           Ignoreer growwe wanordelike gedrag.

Die VF Plus het die speaker al dikwels in die verlede formeel versoek om vertroud te raak met die Munisipale Strukturewet ten einde haar pligte en mandaat as speaker na te kom.

Die jongste toevoeging tot haar lang lys oortredings is die bewerings wat handel oor wangedrag en bedrog in haar kantoor wat in ʼn verslag voor die raad gedien het.

Die VF Plus het ook die wantrouemosie in die burgemeester gesteun.

Die party het hom gewaarsku dat die mosie van wantroue in hom ʼn duidelike aanduiding is van sy onvermoё om standvastige leierskap te vestig. Wantrouemosies in ʼn burgemeester bring onstabiliteit en dit terwyl dienslewering verkrummel.

Dit is jammer dat die wantrouemosies onsuksesvol was om die onstabiele huwelik tussen die ANC en EFF tot ʼn einde te bring en inwoners se vertroue in die metroraad te herstel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Jennifer Glover

Ekurhuleni-paaie in ʼn krisis

Die toestand van paaie in die Ekurhuleni-metro versleg daagliks; die direkte gevolg van onbehoorlike beplanning, onderfinansiering en wanbestuur. Die meeste paaie in die metro is

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.