Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus dien griefskrif in teen Mangaung-watertariefverhoging

Die VF Plus het ʼn griefskrif teen die Mangaung-metro se voorgestelde watertariefverhoging van 11% oorhandig aan die uitvoerende burgemeester, mnr. Gregory Nthatisi, die stadsbestuurder, mnr. Sello More en hoof finansiële beampte, me. Zuziwe Lydia Thekisho.

In die griefskrif word versoek dat die voorgestelde verhoging in die konsepbegroting vir die 2025/26-finansiële jaar geskrap word.

Hierdie verhoging is onaanvaarbaar en aansienlik hoër as die huidige inflasiekoers van 2,7%.

Die VF Plus is van mening dat die metro eerder alles in sy vermoë moet doen om die agterstallige waterskuld van R4,6 miljard te verhaal en waterverliese te bekamp. Waterverliese beloop tans 42% van alle aangekoopte water.

Verdere verhogings sluit in:

• 12.7% op kragtariewe,
• 4.4% op eiendomsbelasting,
• 4.4% op sanitasie, en
• 4.4% op vullisverwydering.

Huishoudings en ondernemings in die metro gaan reeds gebuk onder finansiële druk met hoë lewenskostes en uitgawes.

Die belastingbetaler kan nie gestraf word met hierdie tariefverhogings weens die swak finansiële dissipline van die ANC-beheerde metro nie.

Die VF Plus doen weereens ‘n beroep op Mangaung-inwoners om skriftelik beswaar aan te teken teen hierdie verhogings voor of op 2 Mei 2025.

Alle besware kan per e-pos gestuur word aan: IDPcomments@mangaung.co.za.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.