Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Ekurhuleni-speaker verdaag raadsvergadering om verslag van beweerde wangedrag en bedrog te vermy

Die VF Plus veroordeel die optrede van die speaker van die Ekurhuleni-metroraad, Nthabiseng Tshivenga, wat verlede week se raadsvergadering verdaag het sonder om ʼn bespreking van ʼn verslag van beweerde wangedrag en bedrog in haar kantoor toe te laat.

Raadslede was duidelik ontsteld oor die besluit en het hul hewig daarteen uitgespreek. Die ontwrigte vergadering is kort daarna verdaag.

Die verslag bevat beskuldigings van beweerde wangedrag en bedrieglike aktiwiteite binne die speaker se kantoor wat kommer wek oor die integriteit van die munisipaliteit en sy leierskap.

Die speaker is tydens die raadsvergadering formeel versoek om haar aan die vergadering te onttrek sodat die item in komitee bespreek kan word. Sy het volstrek geweier.

Haar weiering om die verslag te laat bespreek, is net nog ʼn swart merkie agter haar naam vir blatante pligsversuim en onbevoegdheid om as speaker op te tree.

Geen kommunikasie is tot op hede ontvang oor wanneer die vergadering voortgesit gaan word om die verslag te bespreek nie.

Die VF Plus eis dat die speaker ʼn raadsvergadering binne sewe dae byeenroep.

Raadsake moet in ooreenstemming met die Munisipale Strukturewet hanteer word en nie in ooreenstemming met die speaker se buie nie.

Die inwoners van Ekurhuleni verdien ʼn deursigtige en verantwoordbare regering. Die speaker se optrede ondermyn hierdie beginsels.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.