Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Sprekers moet self hul taal laat leef (Parlementsdebat: Internasionale Moedertaaldag)

Tydens die parlementêre debat oor Internasionale Moedertaaldag, het die VF Plus die verskille tussen Afrika-nasionalisme en Afrikaner-nasionalisme met betrekking tot taal beklemtoon.

Afrika-nasionalisme is ‘n poging van langer as ‘n eeu om ‘n gemeenskaplike identiteit vir swart Suid-Afrikaners tot stand te bring. Dit plaas die eie, inheemse Afrika-tale op die agtersitplek, ten gunste van ‘n koloniale taal wat almal moet aanleer.

Die gevolg is dat slegs diegene wat Engels genoegsaam bemeester, deur swart ekonomiese bemagtiging (SEB) bemagtig kan word – hetsy as werklike ondernemers, of as sogenaamde tenderpreneurs.

Afrikaner-nasionalisme daarenteen, het omstreeks dieselfde tyd verkies om hul eie mense in hul eie taal te bemagtig. Dit het tot groot instellings soos universiteite en banke, maar ook talle kleiner instellings gelei, wat hul werk in Afrikaans doen.

Die ironie van die debat is dat lede van die ANC, MK en EFF tydens die debat hul moedertale gebruik het. Sommige sprekers was verontwaardig dat die VF Plus aan die hand sou doen dat hulle self deel aan die agteruitgang van hulle moedertale het.

In die voorafgaande en opvolgende debatte het hulle egter uitsluitlik Engels gepraat.

Die VF Plus staan by sy standpunt en leef dit ook uit, dat die sprekers van elke taal dit moet bevorder deur dit op alle vlakke te gebruik.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.