Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Ekurhuleni se skuldkrisis verdiep terwyl inwoners sukkel om te betaal

Die derdekwartaal-finansiële verslag (Januarie tot Maart 2026) wat tydens die jongste Ekurhuleni-metroraadsvergadering voorgelê is, bevestig dat die metro se skuldkrisis verdiep.

Terselfdertyd sukkel inwoners toenemend om kop bo water te hou weens finansiële druk en duurder munisipale dienste raak vir baie onbekostigbaar.

Die metro se invorderingskoers het vasgesteek op 85,28%, ver onder die teiken van 90%. Dit is in baie gevalle nie omdat getroue belastingbetalers nie wil betaal nie, maar omdat hulle eenvoudig nie kan nie.

Die verslag toon die volgende:
• Totale uitstaande verbruikerskuld van R37,5 miljard
• Meer as R30,2 miljard (80%) is ouer as 90 dae
• Huishoudings is verantwoordelik vir 76,56% van die skuld
• Waterskuld maak 37,7% van die skuld uit wat lank reeds agterstallig is

Die metro self erken probleme soos beperkte toegang tot sekere gebiede, onwettige aansluitings, foutiewe rekeninge weens geskatte lesings en die moeilikheid om dienste af te sny veral in Eskom-gebiede.

Alhoewel die metro meld dat 32% van die begroting deur kostebesnoeiing gespaar is, los dit nie die kernprobleem van finansiële drukbop inwoners op nie. Plekke soos Benoni (82,66%) en Springs (84,97%) presteer steeds swak.

Die situasie is onvolhoubaar en die hulpbehoewende beleid moet dringend hersien word, die rekeningstelsel moet opgegradeer word om minder op skatting staat te maak en daar moet strenger opgetree word teen opsetlike wanbetalers.

Ekurhuleni kan nie langer ‘n finansiële noodsituasie as ‘n dissiplineprobleem behandel nie. Indien die metro nie sy benadering verander nie, sal die skuldkrisis net verder verdiep en die vertroue van inwoners verder skade ly.

Die VF Plus waarsku al geruime tyd dat die huidige invorderingsmodel en stygende tariewe onvolhoubaar is.

Hierdie verslag bevestig presies waarteen die party gewaarsku het. Inwoners het realistiese, bekostigbare en regverdige oplossings nodig.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.