Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Ekurhuleni se openbare deelnameproses oor kragtariewe is skynvertoning

Die sogenaamde openbare deelnameproses van die ANC/EFF-beheerde Ekurhuleni-metro rakende die voorgestelde kragtariewe vir die 2025/26-finansiële jaar is ʼn skynvertoning wat inwoners mislei.

Die kennisgewing oor openbare vergaderings wat op 11 September 2025 uitgereik is, maak voorsiening vir slegs drie vergaderings by die Boksburg-stadsaal, die Rabasothosaal in Thembisa en die KwaThema-burgersentrum.

Dit dwing inwoners van gebiede soos Germiston, Alberton, Thokoza, Benoni, Kemptonpark, Edenvale, Brakpan, Springs en Nigel om lang, dikwels onbereikbare afstande te reis om die openbare vergaderings by te woon.

Hierdie beperkte toegang diskrimineer veral teen finansieel benadeelde inwoners sonder vervoer.

Die openbare deelnameproses, met minder as twee weke se kennisgewing, oortree die Munisipale Finansiële Bestuurswet (MFMA) se vereiste van 30 dae kennisgewing en die Munisipale Stelselswet se eis vir toeganklike lokale.

Dit gee ook nie gehoor aan versoeke vir deeglike advertensies en kommunikasie nie, wat ’n geheime, manipulerende agenda verraai om weerstand te onderdruk en later valslik deelname te beweer.

Die VF Plus beskou hierdie optrede as ’n verkiesingsfoefie wat demokrasie ondermyn en inwoners se sakke benadeel, veral van groot belastingbetalers wat waarskynlik beswaar sal aanteken.

Die gebrek aan deursigtigheid en wettigheid is onaanvaarbaar, aangesien kragtariewe elke huishouding en onderneming raak.

Die VF Plus eis bykomende datums en lokale regoor die streke, 30 dae se kennisgewing, wydverspreide advertensies en ’n spesiale raadsvergadering rakende die proses. Indien nodig, sal die VF Plus die metroraad se staande reëls aanwend om dit te bewerkstellig.

Ondanks die ongeregtighede sal die VF Plus gemeenskappe inlig en aanmoedig om deel te neem en hul stemme te laar hoor.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.