Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Ekurhuleni moet dringend sy afhanklikheid van Eskom verminder

Die moontlike kragtariefverhoging van 40% wat Eskom in die vooruitsig stel, moet die Ekurhuleni-metro nou aanspoor om sy afhanklikheid van die kragsverskaffer dringend te verminder.

Indien dié verhoging realiseer, sal dit verreweg een van die hardste finansiële houe nóg wees wat inwoners en sakelui die hoof sal moet bied in ʼn reeds sukkelende ekonomie.

Dit is dus van kardinale belang om die metro se planne om sy afhanklikheid van Eskom te verminder, te bespoedig.

Onder die koalisieregering, waarvan die VF Plus deel was, is daar begin met planne om die metro meer kragselfvoorsienend te maak met die Zestfontein-sonkragprojek.

Ná voltooiing van dié projek, sal 90 Megawatt (MW) in Ekurhuleni se kragnetwerk ingebring word.

Met sy stadsrede in April vanjaar, het die nuwe ANC-burgemeester, Nkosindiphile Xhakaza, hom daartoe verbind om die Zestfontein-projek beskikbaar te stel aan onafhanklike kragvoorsieners vir gebruik as deel van die metro se openbare private vennootskapsinisiatief.

Volgens die burgemeester sal die onafhanklike kragvoorsieners krag teen afslagtariewe aan die metro verkoop en Ekurhuleni se afhanklikheid van die nasionale netwerk met 27% verminder.

Die mikpunt is om die eerstegenerasie-eenhede teen Januarie 2025 in die metro se kragnetwerk te integreer, maar daar is nog geen vorderingsverslag hieroor aan die raad voorgelê nie.

Die VF Plus sal op nasionale vlak voorleggings doen aan Nersa oor waarom die verhoging nie toegestaan moet word nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Corrie Pypers

Nuwe winkelsentrum in Meyerton oorstroom

Indien die Midvaal-plaaslike munisipaliteit (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina) sy stormwaterpype en -slote voor en tydens die reënseisoen onderhou het, sou die skade aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.