fbpx
Vryheidsfront Plus

DA- en VF Plus-partyleiers verbind hulle daartoe om Wes-Kaapse koalisies te stabiliseer

(Gesamentlike verklaring van VF Plus en DA oor koalisies in die Wes-Kaap)

Die nasionale partyleiers van die DA en VF Plus, mnr. John Steenhuisen en dr. Pieter Groenewald, het vandag vergader om die koalisies in die Wes-Kaap te bespreek.

Die partyleiers stem saam dat wankelrige plaaslike ANC-koalisieverhoudings tot nadeel van die onderskeie gemeenskappe is en het ooreengekom dat koalisies waarvan die partye deel is, gestabiliseer moet word.

Hierdie ooreenkoms behels ook onder meer dat die nasionale partyleier van die VF Plus, dr. Groenewald, met die federale en provinsiale leierskap van die DA sal vergader. Insette van plaaslike leierskap van geraakte munisipaliteite sal ook ingesamel word om die oorsprong van die probleme te identifiseer en spoedig op te los.

Die partye is daartoe verbind om te verseker dat koalisies in die Wes-Kaap en ander provinsies gestabiliseer word om gemeenskappe te dien en dienslewering sowel as goeie munisipale bestuur te verseker.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.