Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Ekurhuleni moet boetes vir kabeldiefstal en onwettige kragaansluitings verhoog

Die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) sal in die toekoms sterk optree teen kabeldiewe ná ‘n raadsbesluit verlede Donderdag dat boetes aan die einde van die 2025/26-finansiële jaar drasties verhoog moet word.

Die EMPD se minimum boete-oplegging vir kabeldiefstal is tans R2 500 en die VF Plus sal voorstel dat dit tot R14 000 opgeskuif word soos in die geval van die Johannesburg-metro.

Tans word daar ook geen onderskeid getref tussen residensiële en geregistreerde sakeondernemings wat met die kraginfrastruktuur peuter nie.

Die VF Plus gaan voorstel dat sakeondernemings wat met kragmeters peuter om minder vir krag te betaal, moet aan strenger boetes opgelê word as gewone inwoners.

Die party gaan voorstel dat die boete vir eerste residensiële oortreders tot R5 000 verhoog word. ʼn Sakeonderneming se boete vir ʼn eerste oortreding moet tot R10 000 verhoog word.

Residensiële oortreders wat ʼn tweede keer oortree moet ‘n boete van R20 000 en sakeondernemings ‘n boete van R30 000 opgelê word.

Die finale boetes moet nog bepaal word.

Die besluit het dit ten doel om die toenemende onwettige kragaansluitings en kabeldiefstal te ontmoedig.

Onwettige kragdiefstal is besig om handuit te ruk nadat ʼn self opgerigte mini-substasie verlede Maandag in Boksburg ontdek is. Dit word gebruik vir die verspreiding van gesteelde elektrisiteit.

So ʼn struktuur is onstabiel en hou nie net ʼn veiligheidsrisiko in vir mense wat naby aan die onwettige mini-substasie woon, maar ook vir diegene wat hul krag daarvan verkry.

Die VF Plus moedig inwoners aan om dadelik enige onwettige aktiwiteite op die My CoE-toepassing van die metro aan te meld of die dienssentrum by 0860 543 000 te skakel of ‘n epos te stuur aan Call.Centre@ekurhuleni.gov.za.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.