Die Ekurhuleni-metro se versuim om rioolprobleme in Boksburg aan te spreek waar riool uit mangate uitstroom, is onaanvaarbaar.
Die metro ignoreer bloot die weeklange rioolprobleme in Paul Smith-, Charl Cilliers-, Vyfde- en Sesdestraat in Boksburg-Noord, Nieshout-, Fick- en Sapelestraat in Bardene en Impalapark ten spyte van herhaalde oproepe van inwoners en die VF Plus.
Twee weke gelede het riool ook die Ridgeview-tehuis vir bejaardes in Caravellestraat, Impalapark se perseel ingestroom.
Inwoners betaal vir riooldienste en nou word hulle blootgestel aan onhigiëniese toestande wat hul gesondheid nadelig kan beïnvloed.
Inwoners van Ekurhuleni verdien beter. Die metro kan nie toelaat dat hulle in sulke omstandighede leef en werk nie.


