Die Augustuswinde het gehelp om die versluierde waarheid oor Ekurhuleni se toenemende vullisprobleem te ontbloot.
Ekurhuleni se strate, sypaadjies en stormwaterdreine was die afgelope tyd besaai met rommel weens die totale verval van basiese vullisbestuur.
Oop, onbeheerde vullisterreine en ’n onbevoegde ANC/EFF-koalisie stel inwoners deur hul ongeërgde houding jeens sindelikheid bloot aan ‘n omvattende gesondheidsgevaar.
Dit kan nie so voortduur nie en die VF Plus eis onmiddellike skoonmaakveldtogte, streng beheer van vullisterreine en die herstel van betroubare vullisverwydering.
Ekurhuleni se inwoners verdien ’n skoon stad. Die koalisie kan die metro nie soos ‘n stortingsterrein bestuur nie.
Die VF Plus sal sy oorsigrol volhou om die metro hieroor verantwoordbaar te hou en beplan ook self ‘n reeks skoonmaakaksies regoor Ekurhuleni om by te dra tot skoner gemeenskappe.


