Die ongekende reaksie van skok, hartseer en woede ná die moord op Charlie Kirk eergister, maak dit duidelik dat die voorval nie gesien word as die aanslag op ‘n jong man se lewe nie, maar op behoudende waardes en norme oor die wêreld heen.
Na jare van ‘n fel aanslag en selfs dominasie van liberale en woke-denke op standvastige waardes en norme wat in die Christelike geloof geanker is, was hy deurentyd standvastig en het hy sonder vrees sy waardes in openlike debatvoering hierteen verdedig.
Die feit dat Kirk op hierdie wyse vermoor is, dien as bewys dat die vyande van gesonde en behoudende denke nie ‘n antwoord daarop het nie en dit net met geweld kan stilmaak.
Dit is standpunte wat die VF Plus ook voorstaan en deurentyd standvastig en openlik verkondig wat in die eerste plek riglyne bied vir vreedsame naasbestaan en goeie regering.
Hierdie waardes is.
• ‘n Respek vir tradisie en instellings.
• Individuele verantwoordelikheid en vryheid.
• Beperkte regering.
• Vryemark-ekonomie.
• Sosiale orde en stabiliteit.
• Nasionale identiteit en patriotisme.
• Pragmatisme, konsensus en gesonde regdenkendheid.
• Beleefdheid en respekvolle gesprekvoering.
• Federalisme en desentralisasie.
• Meriete en gelyke geleenthede.
• Tradisionele gesinswaardes.
• Respek vir die oppergesag van die reg.
• Burgerlike vryhede en persoonlike vryheid.
• Veiligheid en goeie nasionale verdediging.
• Kulturele konserwatisme.
Die VF Plus wil hiermee ook sy opregte meegevoel uitspreek met Kirk se eggenote, Erika, sy twee kinders en naasbestaandes. Enige persoon se dood bring dieselfde hartseer en leed.
Die VF Plus nooi alle Suid-Afrikaners om saam te werk aan ‘n beter Suid-Afrika deur Kirk se nalatenskap van vreedsame en respekvolle dialoog te bevorder in ‘n samelewing waar vryheid, verantwoordelikheid en stabiliteit die fondament vorm.


