fbpx
Vryheidsfront Plus

Ekonomiese toestande in SA hou moontlik verband met die kommerwekkende toename in geestesongesteldheid in die land

Geestesgesondheid is vinnig besig om MIV/ Vigs verby te steek as die grootste oorsaak van siektes wat mediese hulp vereis in Suid-Afrika, en die VF Plus is van mening dat die land se haglike ekonomiese situasie en gepaardgaande werkloosheid ‘n groot rol hierin speel.

Luidens ‘n onlangse artikel in Biznews wat gegrond is op navorsing gedoen deur Discovery Health, het die behandeling van mense met geestesverwante siektes die afgelope vyf jaar met sowat 80% gestyg.

Die krisis word vererger deur die uiters gebrekkige geriewe in die onderskeie provinsies om mense met geestessiektes te behandel.

Dit blyk dat depressie en ander verwante toestande die grootste deel van die probleem uitmaak, en daar word bereken dat die ekonomiese impak hiervan in terme van produktiwiteit, tans tussen R12- en R16 miljard per jaar beloop.

Navorsing van die London School of Economics oor die verskillende faktore wat ‘n effek op mense se lewensgenietinge het, toon aan dat dit veel makliker is om ‘n liefdesteleurstelling of die dood van ‘n geliefde te verwerk as werkverlies (grafika24).

Luidens die jongste syfers van Statistieke Suid-Afrika staan die land se gemiddelde werkloosheidsyfer tans op sowat 27% van die totale bevolking. Volgens mnr. Kevin Lings, hoofekonoom van Stanlib, is die werkloosheidskoers onder mense jonger as 25 tans 63,8% (Beeld,15 Februarie 2017).

Dit sluit aan by die Wêreld-Ekonomiese Forum wat sê meer as 50% van Suid-Afrikaners tussen die ouderdom van 15 en 24 is werkloos en dat die land op twee na die grootste werkloosheidsyfer ter wêreld het (dievoorblad).

Adv. Alberts sê dit is duidelik dat daar ‘n korrelasie is in die toename in werkloosheid en geestessiektes en dit kom daarop neer dat die beleid van die ANC-regering die land en sy mense groot skade berokken.

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.