fbpx
Vryheidsfront Plus

Al het Bell Pottinger erken hy het die term ‘wit monopolie-kapitaal’ geskep, gebruik ANC dit steeds teen wittes

Al is daar bewyse dat Bell Pottinger skadelike en valse terme en narratiewe soos ‘wit monopolie-kapitaal’ geskep het en selfs daaroor om verskoning gevra het, het die ANC dit nogtans sy eie gemaak om wittes die skuld te gee vir die ekonomiese krisis in die land.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, sê die ANC gebruik die term nou gerieflikheidshalwe as rookskerm vir die ware redes vir die ekonomiese kreeftegang, en dit is die skade wat aangerig word weens regstellende aksie (RA) en swart ekonomiese bemagtiging (SEB).

Hy sê RA en SEB veroorsaak onder meer dat poste van kritieke belang regdeur die openbare sektor nie gevul word nie, en dat onbevoegde mense en kontrakteurs aangestel word wat tot dubbele uitgawes lei.

“Terwyl swartmense lank reeds deur RA en SEB bevoordeel word ten koste van wittes, het die woord wit monopolie-kapitaal nou ongelukkig ‘n populistiese narratief geword.

“Die oogmerk hiermee was om verdeling te skep om te verseker dat persone en faksies in die ANC in beheer bly van die magshefbome om toegang tot die staatsbeursie te verkry en om die aandag af te lei van die staatstroping.

“Dit rig enorme skade aan, nie net wat rasseverhoudinge in die land aanbetref nie, maar dit stuur ook ‘n negatiewe boodskap aan enige voornemende wit belegger in Suid-Afrika,” sê dr. Groenewald.

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.