fbpx
Vryheidsfront Plus

Eiendomseienaars moet hulself van nuwe belastingregulasies vergewis

Die Vryheidsfront Plus moedig eienaars van eiendom in die Mogale City-munisipale gebied aan om hulself vroegtydig te vergewis van die voorstelle en veranderinge aan die plaaslike eiendomsbelastingbeleid, sê Amanda de Lange, VF Plus-raadslid in die Mogale City-stadsraad in Krugersdorp.

Dit volg nadat Mogale City se munisipale bestuurder, Dan Mashitisho, die eerste kennisgewings met betrekking tot die konsep-eiendomsbelastingbeleid en -ordonnansies vir die implementering van die Wet op Munisipale Eiendomsbelasting in verlede week se Krugersdorp Nuus (koerant) gepubliseer het.

De Lange sê sy wil eienaars van eiendom in Mogale City aanmoedig om vroegtydig moeite te doen om die nodige dokumente te bekom om hulself te vergewis van die voorstelle en veranderinge in die eiendomsbelastingbeleid.

Die konsepbeleid is beskikbaar gedurende kantoorure vanaf 1 April tot 19 Mei 2014 by die munisipale kantoor, IEC-gebou, h/v Monument- en Ockersestraat of by enige satellietkantoor van die raad. Dit is ook op die webblad van Mogale City by www.mogalecity.gov.za beskikbaar.

Inwoners moet voor of op 26 Mei 2014, skriftelike kommentaar of vertoë rig aan die finansiële hoofbeampte.

Vrae kan aan die waardasie-eenheid gerig word by 011-951-2301/2302/2317/2329 of 2349.

De Lange sê daar word indringend gekyk na die kwessie van afslag aan pensioenarisse en huiseienaars wat minder as ‘n bepaalde bedrag per maand verdien.

 

Amanda de Lange

Kontaknommer: 071 604 949

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.