fbpx
Vryheidsfront Plus

EFF-studente by PUK weier dat Afrikaans gepraat word: VF Plus sal hieroor nie agteroor buig

Die skielike verskynsel waar die EFF eers in die parlement en nou by die NWU kapsie gemaak het teen die gebruik van Afrikaans, wys dit is waarskynlik ‘n georkestreerde veldtog teen die taal en sy sprekers. ‘n EFF-parlementslid het in die nasionale vergadering gesê Afrikaans is ‘n ‘afstootlike taal’.

Gistermiddag tydens ‘n studente-debat by die NWU se Potchefstroom-kampus, het ‘n vrouestudent wat namens die VF Plus opgetree het, me. Gené Otto, ook deurgeloop onder oproerige EFF-studente wat geweier het dat sy Afrikaans praat. Die besprekingspunt van die debat was die kultuur van studente by die PUK.

Die organiseerders van die debat het vooraf laat weet dat enige taal tydens die debat gebruik kan word. Otto het nogtans in ‘n gebaar van uitreiking eers in Tswana begin praat, daarna in Engels en toe in Afrikaans.

Die EFF het hewig beswaar aangeteken teen haar gebruik van Afrikaans (soos in die video-greep gesien kan word en op aanvraag beskikbaar is) en die voorsitter het daarop aangedring dat Otto Engels moet praat. Sy het voortgegaan in Afrikaans waarna die debat gestop is en Otto verdere deelname geweier is.

Sprekers van Afrikaans mag nie toelaat dat hulle geboelie of gedreig word om hul taal te praat nie, en die VF Plus sal die voortou neem in hierdie stryd.

Die optrede van die organiseerders van die debat is ook onaanvaarbaar. Die universiteit se Potchefstroom-kampus is tweetalig en dit is onaanvaarbaar dat die universiteit hom laat voorskryf deur oproerige EFF-studente.

Die VF Plus gaan formele klagte indien teen die optrede van die EFF-studente en teen die organiseerders van die debat. Daar is talle Afrikaanssprekende studente op die universiteit en dit is hul grondwetlike reg om Afrikaans te praat. Die VF Plus sal hieroor nie agteroor buig nie.

Kontaknommer: 079 409 8342

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.