fbpx
Vryheidsfront Plus

Begrotingsdebat in NRP: Minerale en energie – ANC nie in staat om Suid-Afrika die toekoms in te neem nie

Dit is goed dat die ANC kennis neem van die Vierde Industriële Revolusie wat werkgewers in die afsienbare toekoms nie so weerloos gaan laat teen arbeidswette en die weerbarstigheid van sy vakbond-vennote nie.

Dit sal terselfdertyd meebring dat nuwe vaardighede aangeleer word en nuwe en innoverende denke vaardig moet raak om tegnologie saam met die mens in een tuig te laat trek en nie noodwendig teen mekaar nie.

Die vraag is of Suid-Afrika die elektrisiteit sal hê om dié uitdagings na die volgende vlak die toekoms in te neem. Verlede week het Eskom aangedui dat hy sukkel om in die aanvraag na elektrisiteit te voorsien. Hierdie erkenning laat vrese ontstaan dat die volgende kragkrisis op die horison lê.

Intussen wil dit voorkom of Nedlac se lank verwagte energie-plan steeds in die koue lê en wag op ideologiese verskille om uit die weg geruim te word aangesien nuwe metodes van kragopwekking wat minder op fossielbrandstof leun, werksverliese tot gevolg kan hê.

Terwyl vakbonde en ander rolspelers stry oor die ideologiese feite van die energieplan, kyk maatskappye wat alternatiewe energie vervaardig, reeds elders om hul geld te belê aangesien daar meer sekerheid is. Daardie selfde maatskappye het verlede jaar R200 miljard in Suid-Afrika belê.

Indien die regering nie dringend beleidsekerheid hieroor kry en ‘n werkbare plan op die tafel plaas oor hoe energie in toekoms bestuur gaan word nie, is daardie beleggers ook vir Suid-Afrika verlore.

Sommige lande beplan reeds vir die Vyfde Industriële Revolusie waar kunsmatige intelligensie se rol bepalend gaan word. Die ANC sukkel nog homself in rat te kry vir die vierde.

Boonop moet die regering eers toesien dat Suid-Afrika se munisipaliteite weer begin funksioneer aangesien myne se oorlewing direk gekoppel is aan basiese munisipale dienste.

‘n Sprekende voorbeeld is Mathjabeng in die Vrystaat, moontlik die swakste munisipaliteit in die land. Die gebied rondom Welkom, Theunissen, Virginia, Odendaalsrus en Hennenman was eens welvarend in dié goudryke gebied. Die vlakke van dienslewering het egter só agteruitgegaan dat onmiddellike ingryping nodig is.

Die voortbestaan van die myne word direk hierdeur geraak. Dit is moeilik om te sien hoe enige plan wat deur die ANC uitgevoer moet word, hierdie krisis gaan oplos. Of om Suid-Afrika op tegnologiese gebied die toekoms in te neem.

Kontaknommer: 076 629 6219

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.