Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

EFF-speaker van Ekurhuleni moet formeel verskoning vra vir minagting van die raad

Die VF Plus eis dat die EFF-speaker van die Ekurhuleni-metroraad, Nthabiseng Tshivhenga, die raad formeel om verskoning vra weens haar swak beplanning en nie-bywoning van ʼn institusionele hersieningswerkswinkel.

Die speaker het na baie druk van die VF Plus ʼn verpligte institusionele hersieningswerkswinkel vir raadslede gereël, maar self nie die moeite gedoen om die opleiding by te woon nie.

Baie min EFF- en ANC-raadslede het opgedaag vir die werkswinkel.

Nadat die speaker en ander verantwoordelike aanbieders nie opgedaag het nie, is die werkswinkel sonder enige vordering verdaag.

Dié werkswinkel is daarop gemik om raadslede in te lig oor die uitdagings rakende dienslewering weens institusionele probleme en om insette daaroor te lewer.

Die Wet op Munisipale Stelsels vereis dat ‘n personeeldiensoorsig gedoen word ná die verkiesing van ‘n nuwe munisipale raad. Dit is op grond van hierdie wetgewende vereiste dat die nuwe administrasie ‘n institusionele hersiening moet onderneem.

Dit bring die werk wat die metro se administrasie uitvoer en die daaglikse stadsbedrywighede in lyn met die strategiese doelwitte van die politieke leierskap.

Die Ekurhuleni-metro het munisipale amptenare en departementshoofde vir te lank vrye teuels gegee wat dienslewering negatief raak.

Die werkswinkel-voorval is bloot ʼn teken van die onbeholpenheid van die ANC/EFF-regering in Ekurhuleni.

Die VF Plus sal die speaker verantwoordelik hou vir die swak reëlings van die werkswinkel asook haar minagting om dit by te woon.

Die party dring daarop aan dat ʼn nuwe werkswinkel gereël word om die swak dienslewering in Ekurhuleni daadwerklik aan te spreek.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.